Playlists Guestbook

Afrikaans Sal Bly - lyrics

playlist Playlist

Show song Facebook

Hoe sou dit wees?
as jy kon wees wie jy is.
As jy kon leef
sonder vrees in jou hart.
Sou jy kan trots wees
op Ingrid en Antjie se werk?
Sou die kleur van jou vel
net 'n klein deel vertel
van wie jy is?
Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart.
Wat as ek sê daar plek vir my en jou in ons land.
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak.
Afrikaans jy's meer as 'n taal
Jy's wat ons laat sin maak
Sal jy jou oë omsluit vir wat om ons aangaan?
Sal jy as die jeug, bou en laat voortgaan?
Sal jy uit Psalms ons land weer as almal s'n erken?
Sal jy saam ons bid dat Hy ons land sal seën?
Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart.
Wat as ek sê daar plek vir my en jou in ons land.
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak.
Afrikaans jy's meer as 'n taal.
Jy's wat ons laat saak maak.
Ons kan beter wees verseker.
Ons almal smag na eenheid in ons land.
Wat jy soek sal jy kry.
Afrikaans sal bly.
Wat as ek sê daar is meer as bloed in jou hart.
Wat as ek sê daar plek vir my en jou in ons land.
Sou jy my glo as ek sê ons moet veg vir dit wat ons een maak.
Afrikaans jy's meer as 'n taal.
Jy's wat ons laat sin maak.
Afrikaans jy's meer as 'n taal.
Jy's wat ons laat saak maak.
Afrikaans jy's meer as 'n taal.
Dis jy wat ons een maak.

Lyrics was added by DevilDan

Video was added by DevilDan


Kleindorp - Dromer